GMO-gewasse draai in Pta-hof
Die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria hoor betoë aan oor of Suid-Afrikaanse boere geneties-aangepaste mielies kommersieel kan verbou. Die Afrika-sentrum vir Bioverskeidenheid het in 2017 regstappe ingedien om die goedkeuring van Monsanto/Bayer se droogte-bestande geneties-aangepaste mielies vir kommersiële verbouing in Suid-Afrika te stuit. Volgens berigte het die Appèlraad vir Geneties-aangepaste-organismes dit goedgekeur.