Namibiërs woeker by myn-indaba 

Die Namibiese afvaardiging wat die Africa Mining Indaba in Kaapstad bywoon, woeker by die geleentheid. Die afvaardiging, wat deur die minister van myne en energie, Tom Alweendo gelei word, bestaan ook uit lede van die privaatsektor. Mynwese is uiters belangrik vir die vasteland dra in die algeheel by tot 60 persent van die Afrika-ekonomie. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se woordvoerder Andreas Simon gesels oor hul doen en late by die indaba.