Groot kommer oor humanitêre toestande in Sirië na aardbewing

Arnaud Quemin, streeksdirekteur by Mercy Corps, ‘n internasionale humanitêre organisasie, het aan Sky News gesê daar is kommer oor toegang tot water in Sirië. Daar is ‘n moontlikheid van ‘n cholera-uitbreking in die gebied ná gister se aardbewing.