Konsessielenings sal watersekuriteit tot 2037 meebring
Die Namibiese regering het planne daargestel om die land se voortdurende waterkrisis op te los en konsekwente voorsiening te verseker. Volgens landbouminister Calle Schlettwein, sal dit daartoe lei dat die land genoegsame en onderbreekte watertoevoer ten minste tot 2037 het. In Desember 2022 het die regering saam met NamWater, ‘n leningsooreenkoms met die Duitse Ontwikkelingsbank aangegaan om waterherstel in die land te begin. Minstens 746 miljoen Namibiese dollar van die konsessielening sal gekanaliseer word om watervoorsiening vir die sentrale gebied van Namibië te verseker. Dit sal berwerkstellig word deur die konstruksie van ‘n tweede direkte drinkbare herwinningsaanleg. Terselfdertyd is ‘n tweede konsessielening ter waarde van 932 miljoen dollar onderteken om die Namibiese Watersektor Ondersteuningsprogram te ondersteun om Namibië te help met die rehabilitasie en opgradering van sy uitgebreide grootmaat waterinfrastruktuur.