Rushdie sê hy voel uitstekend
Die bekroonde skrywer, Salman Rushdie, sê hoewel hy ernstige beserings opgedoen het tydens ‘n aanval wat hy as kolossaal beskryf, voel hy gelukkig. Die skrywer is in Augustus op ʼn verhoog aangeval net voor hy ʼn toespraak sou lewer en hy het ses weke in die hospitaal deurgebring. Hy het die sig in sy regteroog verloor en die gevoel in sommige vingers. Rushdie sê hoewel hy geestelike letsels oorgehou het, is hy gewoond daaraan nadat hy gedwing is om vir tien jaar te skuil na die publikasie van sy omstrede roman, The Satanic Verses.