Liggame van Tunisiese swanger vrou, sewe migrante in boot gevind
Die liggame van ‘n swanger vrou en sewe ander migrante is in ‘n boot gevind in die Mediterreense See, saam met 42 ander mense wat van Tunisië afkomstig is. Die Italiaanse kuswag het tydens ‘n nagpatrollie op die boot afgekom. Die 42 ander mense is gered. Volgens berigte is die swanger vrou se ander kind, ook ‘n baba, ten tyde van hul vaart dood. Sy het die kind glo oorboord gegooi, kort voor sy dood is. Sommige migrante het in die water gespring om die baba se liggaam uit te haal, maar het volgens ooggetuies in die proses verdrink.