Omatakodam kry nog invloei

Namibiese damme is tans gesamentlik 70,6 persent vol, volgens NamWater se dambulletin. Die Omatakodam het sedert Maandag invloei gehad wat die damvlak van 2,5 persent na 3,1 persent laat styg het. Water het vandag teen 0,279 kubieke meter per sekonde in die Omatako ingevloei. Die Swakoppoortdam is 73,2 persent vol en die Von Bachdam se vlak is op 29,5 persent teenoor verlede jaar se 47,9 persent. In die Suide is die Hardapdam nou 46,8 persent vol, terwyl die Neckartaldam se vlak op 93 persent staan. Die Oanobdam by Rehoboth is 65 persent vol.