SA se sigaretbedryf moet ondersoek word

Tax Justice South Africa sê ‘n nasionale ondersoek na Suid-Afrika se sigaretbedryf en die toepassings-agentskappe wat veronderstel is om dit te beheer, is dringend nodig. ‘n Halfmiljoen pakkies sigarette met ‘n belastingwaarde van sowat 12 miljoen Suid-Afrikaanse rand is na bewering gister in ‘n gas-tenkwa en ‘n vragmotor in Marble Hall in Limpopo gevind. Een van die voertuie wat die besending gelei het, het na bewering aan die Valke behoort. Die vise-president van Tax Justice SA, Yusuf Abramjee, sê die handel in onwettige tabak gaan roekeloos voort buite die wet: