Geingob lei troika van staatshoofde vandag in die hoofstad
Namibiese President Hage Geingob as voorsitter van die SAOG se orgaan oor politiek, verdediging en veiligheidsamewerking, sal vandag die buitengewone Troika-beraad vir staatshoofde amptelik in Windhoek open. Die uitgaande voorsitter van die SAOG-orgaan, Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa, en die inkomende voorsitter, Zambiese president Hakainde Hichilema, sal die buitengewone beraad bywoon. Veiligheidswessies onder die loep is dié van Mosambiek, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Lesotho en Eswatini. Die uitvoerende sekretaris van die SAOG, Elias Magosi van Botswana sê daar is hoop vir Eswatini…