NHE-staking: Maatskappy sal spoedige oplossing soek

Die Nasionale Behuisingsonderneming sê die staking waarvoor 90 persent van sy werknemers gestem het, sal dienslewering deur die staatsbeheerde maatskappy ontwrig. Die werknemers het gestem vir ‘n onbepaalde staking na ‘n ooreenkoms vir ‘n eenmalige uitbetaling van 15 000 Namibiese dollar nie eerbiedig is nie, omdat die state vir die betrokke finansiële jaar nog nie geoudit is nie en die raad weier om enige betalings te maak voor die oudit nie voltooi is nie. Die onderneming se woordvoerder, Tuafi Shafombabi, sê in ‘n verklaring dat as gevolg van die erge ontwrigting in sy dienslewering, sal die maatskappy poog om so spoedig moontlik ‘n oplossing te vind. Soos vroeër berig, sal werkers nie betaal word tydens die staking nie.