US$30 miljard vir voedselproduksie in Afrika
Ontwikkelingsvennote het 30 miljard Amerikaanse dollar bewillig om voedselproduksie in Afrika oor die volgende vyf jaar te bevorder. Dit volg na ‘n beraad oor voedselsekerheid op die vasteland, wat in Dakar, Senegal, gehou is. Die vasteland staar sy ergste voedselkrisis ooit in die gesig, met meer as een uit elke vyf Afrikane – ‘n rekord van 278 miljoen mense – wat honger ly, volgens die Verenigde Nasies. ’n Groot tema van die driedaagse beraad was dat Afrikalande hul voedselproduksievermoë moet verhoog eerder as om op invoere staat te maak wat hulle kwesbaar gmaak het vir prysstygings en tekorte. Die vergadering het Afrika-leiers, ontwikkelingsbanke en internasionale vennote, insluitend die Verenigde State, die Europese Unie en Brittanje, bymekaar gebring om befondsing en politieke verbintenis te mobiliseer.