Checkers adverteer in Australië, Engeland oor goeie lewe in SA

Die kleinhandelreus Checkers het advertensies in The Sydney Morning Herald, ‘n Australiese publikasie sowel as die London Evening Standard geplaas, wat poog om Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon te herinner dat Suid-Afrika ‘n wonderlike plek is om in te woon. Die hoofbemarkingsbeampte, Mike Middleton, sê wanneer dit by goeie kos en wyn kom, is die gras beslis nie groener aan die ander kant van die see nie. Die advertensie wys hoeveel goedkoper dit is om verskeie produkte, insluitend Coca-Cola en rypgemaakte kruisbiefstuk by Checkers te koop in vergelyking met winkels in Australië en Engeland.