Nuwe prosedures in verband met vee-vervoerpermitte

Die Namibiese Landbou-unie sê veeprodusente moet kennis neem dat daar nuwe standaard operasionele prosedures, sowel as permitvereistes is. Volgens die unie word ‘n kennisgewing reeds deur die Vleisraad gesirkuleer. Die unie sê die aanpassings is hoofsaaklik van toepassing is op invoer-, uitvoer- en in transito permitte en raak nie binnelandse bewegingspermitte van diere onder die NamLITS-stelsel nie. Die Vleisraad se kennisgewing maak ook melding van aangepaste vereistes vir produsente-registrasie wat vanaf 1 Februarie vanjaar toegepas sal word. Die unie het onderneem om in die komende week meer inligting in die verband bekend te stel.