Varkpes in Gauteng opgetel

Die Gauteng Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het bekendgemaak ‘n nuwe uitbreking van Afrika-varkpes is op ‘n plaas in die provinsie aangetref. Die plaas is onder kwarantyn en die Provinsiale Veeartsenydienste het vorentoe- en terugspoorondersoeke ingestel om enige eiendomme te identifiseer wat direkte of indirekte kontak met die besmette plaas kon hê. Die woordvoerder van die departement, Reggie Ngcobo sê alle varkboere en varkoppassers word weer versoek om varke slegs direk van bekende gesonde troppe te koop en kontak tussen hul varke en ander varke of wild te voorkom: