Guterres vaar uit teen terreur

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het gewaarsku die stryd teen terrorisme sal nooit kan slaag indien mense volhou met die ontkenning en vernietiging van menseregte nie. Die Wêreldwye Terrorisme Indeks van 2022 het gewys 48 persent van sterftes wêreldwyd kom in die sub-Sahara-streek van Afrika voor. Die VN-hoof het ‘n beroep gedoen dat die Nuwe Agenda vir Vrede fokus op ‘n holistiese en omvattende benadering om gemeenskappe te bou waar terrorisme geen tuiste het nie. Guterres sê terrorisme is ‘n wêreldwye plaag, en ‘n belediging vir die mensdom op alle vlakke.