Shapwa Kanyama dagvaar vir laster na sy troue

Die nou bekende en effe omstrede sakeman Shapwa Kanyama en sy vrou, bekend as Betty Davids, dagvaar Mathilde Kadhikwa vir skadevergoeding van 200 000 Namibiese dollar vir wat die egpaar as laster beskryf. Dit volg na sy troue in Mei 2022. Hy sê Kadhikwa het ‘n stemgreep opgeneem waar sy hom uitgemaak het as ‘n krimineel en dat hy staatsfondse aan sy troue bestee het. Die saak, wat voor regter Kobus Miller aangehoor word, kom vandag voor vir saakbeplanning. Kadhikwa het kennis van verdediging gegee maar het nog nie stukke ingedien nie.