N$2m se dwelms op Kalkrand gevind
Namibië se uitdagings met dwelms neem toe en die land word volgens berigte toenemend gebruik as ‘n deurgangsland met groot hoeveelhede dwelms wat gereeld op grensposte gekonfiskeer word. In die jongste geval is daar twee groot beslagleggings gemaak op Kalkrand. ‘n 36-jarige man is betrap met dagga ter waarde van 1,5 miljoen Namibiese dollar en in nog ‘n saak, is ‘n 37-jarige man, ook op Kalkrand, met Mandrax van net minder as 487 000 Namibiese dollar gevang.