Wallis-rugbyunie ondersoek seksisme, rassisme en meer
Die voorsitter van die Walliese Rugbyunie, Leuan Evans, sê hy beplan om ‘n taakmag saam te stel ten einde bewerings van seksisme, rassisme en vrouehaat in die beheerliggaam te ondersoek. BBC Wales het bewerings van voormalige WRU-werknemers onthul terwyl hulle daar gewerk het, insluitend voorvalle van homofobie. Evans sê die bewerings is ontstellend en hy weet hulle het werk om te doen ten einde vertroue in die organisasie te herstel: