Europa skep Buzz Lines vir bye, skoenlappers

Bye is regoor die wêreld in gedrang en die kwessie is uiters belangrik vir die mensdom omdat ons op hulle staatmaak vir die bestuiwing van talle gewasse. Europese lande wil nou ‘n tipe hoofweg vir bye en ander bestuiwers, bekend as “Buzz Lines” skep om dit moontlik te maak vir hulle om deur Europa te beweeg en kos en skuiling te kan vind. Tans word een uit 10 by- en skoenlapperspesies en een uit drie sweefvliegspesies met uitsterwing bedreig. Die sewejaarplan sal ook die monitering van die insekte oor die 27 lidlande verhoog, met die doel om die bevolkingsafname in bestuiwers – wat deurslaggewend is vir die meerderheid gewasse en veldblomme – te keer.