Aussie Ope: Sabalenka, Linette deur na halfeindronde
Die vyfde gekeurde Aryna Sabalenka van Belarus en Magda Linette van Pole het die heel eerste keer ooit hulle plekke in die Australiese Ope bespreek. Sabalenka het die Kroaat Donna Vekic met 6-3 en 6-2 geklop om haar vierde Grand Slam-halfeindronde te haal. Intussen het Linette haar loopbaan-beste ten opsigte van Grand Slams bereik toe sy die Tsjeg en gewese wêreld-nommer-een, Karolina Pliskova, met 6-3 en 7-5 verslaan het om haar eerste major-halfeindronde te haal. Sabalenka en Linette sal sake uitspook vir ‘n plek in Saterdag se eindstryd.