Nog Eskom-korrupsie sal blootgelê word
Die Spesiale Ondersoekeenheid in die buurland sê hy gaan nog korrupsie en wanadministrasie by Eskom blootlê. President Cyril Ramaphosa het in Desember verlede jaar ‘n nuwe proklamasie onderteken en twee ander gewysig. Dit gee die Spesiale Ondersoek mag om bewerings van korrupsie en wanadministrasie by die beleërde kragvoorsiener te ondersoek en toe te laat om fondse terug te kry wat weens onwettige ooreenkomste verloor is. Die ondersoekeenheid se hoof, Andy Mothibi, sê die nuwe proklamasie sal hulle meer tyd gee om dieper te delf na bewerings van misdadigheid deur Eskom-werknemers: