Aktivis Becker se heraanstelling deur Outa verwelkom

Die Organisasie teen Belastingmisbruik in die buurland het die herinstelling van die kernwaghond-aktivis, Peter Becker, op die Nasionale Energiereguleerder se raad verwelkom. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het bevind Becker se ontmoetings met burgerlike organisasies terwyl hy op die raad gedien het, was nie ‘n konflik van belange nie en sy verwydering van die raad was ongrondwetlik en onwettig. Outa se woordvoerder, Brendan Slade, sê die uitspraak baan die weg om met sekerheid te bepaal wat die rol is van verteenwoordigers op die raad wat mense verteenwoordig wat deur kernaktiwiteit geraak word: