Starmer sê Sunak moet optree teen Zawahi

Die Britse eerste minister, Rishi Sunak, het opdrag gegee dat ondersoek ingestel word om te bepaal of Nadhim Zahawi die ministeriële kode oortree het. Die voorsitter van die Tory-party word gevra om te bedank nadat dit aan die lig gekom het hy het ‘n boete aan die koninklike inkomste- en doeane-diens betaal. Dit hou verband met onbetaalde belasting terwyl hy minister van Finansies was en is deel van ‘n geskil wat ‘n multimiljoen-pond beloop. Die Arbeiders se leier, Keir Starmer sê die eerste minister moet leierskap toon en Zahawi afdank: