Eerste pastoor georden in Heilige Land

‘n Palestyn van Jerusalem het die eerste vroulike pastoor geword wat ‘n geleentheid van die Lutherse kerk in die hartjie van die Ou Stad waarneem. Sally Azar sê sy is verheug om georden te word aangesien Christene ‘n minderheid in die Palestynse Gebiede, Israel en Jordanië vorm. Sy het ‘n beroep op nog vroue in ander kerke gedoen om haar voorbeeld te volg. Azar sê dit is ‘n opwindende verandering in Palestina.