NDF se hoofkwartier in sy negende jaar van konstruksie

Die konstruksie van die Namibiese weermag se hoofkwartiere is nog nie voltooi nie. Die projek, wat deur ‘n Noord-Koreaanse maatskappy hanteer word, het reeds in 2014 begin en is net 75 persent voltooi. Die Tender Bulletin berig dat kostes ook toegeneem het met ‘n oorspronklike begroting van 602 miljoen Namibiese dollar wat tans reeds net meer as ‘n miljard dollar bereik het. ‘n Parlementêre oorsigkomitee het bevind dat die werk uiters stadig vorder en dat regoor die land ook, is die standaard uiters swak. Die konstruksie van die hoofkwartier haal gereeld die nuus met geen media wat naby die perseel in Suiderhof in die hoofstad mag kom nie en ook die foto’s neem nie. Daar was ook berigte dat van die konstruksiewerkers, wat op die perseel bly, diere daar geslag het met selfs afgekapte pote van honde wat rondom die perseel gevind is. Na talle klagtes van inwoners is die saak aangespreek. Die Namibiese weermag is daarvoor bekend dat hy geen deursigtigheid het in terme van sy besteding nie.