Mineraleraad SA waarsku teen veldtog teen steenkool

Die Minerale-raad in Suid-Afrika neem met kommer kennis van ‘n sosiale media-veldtog wat steenkool-uitvoer deur die Richardsbaaise steenkool-terminaal wil stopsit om beurtkrag te verlig. Die raad waarsku die veldtog is nie op feite gegrond nie en maak eerder staat op vals bewerings. Allan Seccombe van die raad sê die uitvoermark is van kritieke belang vir die behoud van werksgeleenthede in die steenkool-mynbedryf, wat 91 000 mense in diens het. Duisende meer mense is werksaam in spoor-, pad- en hawe-logistieke poste.