Vierdag werkweek by WEF bespreek
‘n Vierdag werkweek was vanjaar ‘n vuurwarm onderwerp op die jaarlikse Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland. Dit volg ná ‘n proeftydperk van ses maande, waaraan 33 ondernemings in ses lande deelgeneem het. Die eksperiment, wat deur 4-Day Week Global uitgevoer is, het die ondernemings gevra om hul werksweke tot vier dae of 32 ure te verminder, om te bepaal of werknemers se produktiwiteit dieselfde bly. Daar is bevind die stelsel bied buigsaamheid sonder om winsgewendheid in te boet. Die ondernemings het trouens hul inkomste verhoog en werknemers se gesondheid en welstand het verbeter.