Arbeidersparty in Nieu-Seeland kies môre nuwe leier ná Ardern se skokbedanking

Die regerende Arbeidersparty van Nieu-Seeland sal môre vir ‘n nuwe leier stem, ná die skielike bedanking van die land se eerste minister, Jacinda Ardern Donderdag. Benoemings vir die kandidate word vandag ingedien. Sy sê sy het nie meer die energie wat dit verg om die land te lei nie. Ardern sê sy sal vroeg in Februarie die tuig neerlê en haarself nie weer beskikbaar stel om verkies te word nie. Dié nuwe partyleier sal as eerste minister waarneem tot die volgende algemene verkiesing in Oktober. Die Arbeidersparty het die afgelope tyd nie waffers in peilings gevaar nie.