SA Presidensie: Daar is lig in die tonnel met kragkrisis

Die Suid-Afrikaanse Presidensie sê hy is optimisties ná uitgebreide raadpleging met verskeie belanghebbendes om aandag aan die land se kragkrisis te gee. Die gesprekke het plaasgevind nadat President Cyril Ramaphosa sy reis na Davos weens die krisis kanselleer het. Volgens die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, word nog ‘n vergadering met lede van al drie regeringsvlakke, vanaf nasionaal tot munisipaal, beplan. Hy sê die doel van die gesprekke is sodat alle sfere van die samelewing kan saamwerk om die krisis te oorkom.