Aktiviste eis afdanking van Mantashe

Aktiviste in die buurland eis die afdanking van die minister van minerale bronne en energie, Gwede Mantashe. Burgerlike samelewingsgroepe onder die vaandel #FixEskom beplan verset-optrede in Kaapstad voor President Cyril Ramaphosa se Staatsrede op 9 Februarie. Die beweging vra ook dat beurtkrag teen Desember vanjaar beëindig moet word en vir die beplande tariefverhogings om geskrap te word. Die groep sê die publiek behoort nie gestraf te word vir Eskom se korrupsie, wanbestuur en verkwistende uitgawes nie.