El Nino kom weer, swak komende reënseisoen verwag
Dit wil voorkom of ‘n droë reënjaar in die komende seisoen op Namibië wag. Die jongste voorspellings van die Internasional Navorsingsinstituut vir Klimaat toon dat die El Nino-verskynsel, wat ondergemiddelde reënval vir die Suider-Afrikaanse streek bring, reeds teen Februarie, Maart en April vanjaar sal begin versterk terwyl die La Nina-verskynsel, wat goeie neerslae beteken, skerp verswak. Luidens die voorspelling sal daar ‘n 65 persent waarskynlikheid wees dat El Nino in Augustus, September en Oktober vanjaar sal domineer. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse weerkenner Kobus Botha gepraat…