Wes-Kaapse wynboere ly onder beurtkrag

Met hul jaarlikse oes-seisoen wat nou begin, is Wes-Kaapse wyn-produsente bekommerd dat die voortdurende beurtkrag hul werksaamhede in die wiele sal ry. Nes baie ander besighede en rolspelers in die landbou-sektor word wyn-produsente ook genoop om van diesel-kragopwekkers gebruik te maak om produksie aan die gang te hou. Produsente sê hulle moet nou op ‘n daaglikse basis duisende liter diesel gebruik om krag aan hul verkoelingsgeriewe te kan voorsien. Fritz Platt van Kosmos 94.1 Nuus in die Moederstad…