Agt sterf in sneeustorting in Tibet

Minstens agt mense is dood in ‘n sneeustorting in Nyingchi in die suidooste van Tibet. Die sneeustorting het verskeie voertuie buite ‘n tonnel op die hoofweg, van die pad gevee. Dit is nog nie duidelik hoeveel mense vermis word nie. Reddingspanne fynkam die gebied op soek na oorlewendes. Nyingchi is sowat 3 100 meter bo seespieël geleë.