China het oopgemaak maar, olie bly steeds bestendig
China het sy grense vir reisigers oopgegooi ná byna drie jaar van Covid-inperkings. Daar was vrese dat oliepryse skerp sal styg omdat die land die wêreld se grootste olie-invoerder is, en hoewel Brent met amper 10 persent in die afgelope maand toegeneem het, bly die prys per vat redelik bestendig. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom Robert McGregor gesels.
McGregor deel ook sy verwagtinge vir die Opul-vergadering in Februarie.