Okahandja-inwoners kla steeds oor swak diens
Die Okahandja Belastingbetalers-vereniging, Orpa, is ontevrede oor die swak diens wat hulle van die munisipaliteit ontvang. Dit volg op foto’s van afvalwater wat deur die strate loop, vullissakke wat by straathoeke ophoop en slaggate in die paaie. Belastingbetalers van die voormalige tuindorp van Namibië oorweeg verskeie opsies om ‘n einde te maak aan die swak diens, wat onder meer regs-aksie insluit. Kosmos 94.1 Nuus het met Charl Coetzee van Orpa gepraat…