Borg vir man wat met ivoor betrap is
’n Man wat oor die naweek in hegtenis geneem in besit van twee olifanttande, het borg gekry. Lihako Shishwama, 31, is Vrydag by die Buffalo-kontrolepunt in die Mukwe-kiesafdeling naby Rundu gevang na ‘n spesiale operasie deur die Namibiese polisie. Landdros Selma Shiiga op Rundu het hom 10 000 Namibiese dollar toegestaan. Volgens die klagstaat staar hy aanklagte handel en die besit van beheerde wildprodukte in die gesig. Die klagstaat het nie die waarde van die twee olifanttande bekend gemaak nie. Aanklaer Michael Munika het die staat verteenwoordig en die saak is tot 14 Maart uitgestel.