Kommer oor hoë waterverbruik in Gauteng
Rand Water sê die hoë verbruik van water dra by tot die lae waterreservoirvlakke in Gauteng. Die woordvoerder van Rand Water, Makenosi Maroo, sê die huidige hittegolf het verder bygedra tot die vermindering in aanbod. Maroo sê die opvangdamme staan tans op 43,5 persent. Sy voeg by maatreëls sal ingestel word indien watervlakke tot 40 persent daal. Maroo doen ‘n beroep op alle verbruikers om water spaarsaam te gebruik: