Subsidieer diesel vir SA-boere tydens beurtkrag – DA

Die DA sê hy is bekommerd oor die gebrek aan ‘n tasbare plan van die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling om boere teen kragonderbrekings te beskerm en te keer dat produkte van die komende oestyd verlore gaan. Die regering het ‘n taakspan saamgestel om die verwoestende uitwerking van beurtkrag op die landbousektor te hanteer. Noko Masipa van die DA sê landbouprodukte se verkoelingsfasiliteite kan nie volgehoue fase vier-beurtkrag hanteer nie, en veral nie fase ses nie: