Rugby: Ryan Oosthuizen bereik mylpaal

Rugby: ʼn Staatmaker van die Springbok Sewes, Ryan Oosthuizen bereik eerskomende naweek ʼn persoonlike mylpaal by die Nieu-Seelandse deel van Wêreldrugby se Sewestoernooi in Hamilton. Dit is sy eerste toernooi in Nieu-Seeland hoewel hy Suid-Afrika reeds in 35 toernooie verteenwoordig het. Suid-Afrika hoop om beter te vaar as met hulle tuis-toernooi verlede maand in Kaapstad toe hulle vierde geëindig het, nadat hulle in die halfeindstryd teen die uiteindelike wenner, Samoa, vasgeval het.