Veldtog om SA ‘reg te ruk’ skop vandag af

ActionSA begin vandag met ‘n openbare veldtog om Suid-Afrikaners se menings te kry oor die oplossings wat nodig is om die land reg te ruk. Dit gebeur in die aanloop tot President Cyril Ramaphosa se Staatsrede op 9 Februarie. Lerato Ngobeni van ActionSA lig van die probleme uit as die infrastruktuur wat ineenstort, fase ses-beurtkrag, 12 miljoen mense wat nie werk het nie en ‘n onderwysstelsel wat jongmense nie bemagtig met die vaardighede wat hulle nodig het nie: