Ekologiese ramp dreig in Sri Lanka

Omgewingsbewustes in Sri Lanka vrees ‘n reuse ekologiese ramp indien ‘n houerskip wat byna twee weke gelede langs die kus aan die brand geraak het, uitmekaar sou breek of sink. As dit gebeur, kan meer as 350 metrieke ton olie in die oseaan lek en sensitiewe ekosisteme langs die 30 kilometer kuslyn tussen Colombo en Negombo beskadig. Lede van die Sri Lanka-vloot in beskermende pakke en rubberstewels, is besig met opruimingswerk om die chemikalieë aan boord te verwyder.