SA miljardêr kritiseer omgewingsaktiviste

Die Suid-Afrikaanse miljardêr, Rob Hersov, het omgewings-aktiviste gekritiseer wat wil hê Suid-Afrika moet ophou om steenkool eerder as hernubare energie te gebruik. Hy sê Westerse lande word deur winste gedryf. Hy beskuldig ook Westerse lande daarvan dat hulle nie pro-omgewing is nie en sê buitelandse beleggers wat plaaslike aktiviste finansier, trek voordeel uit die land se energiebronne ten koste van, soos hy dit stel, ‘n nasie vasgevang in voortslepende kragonderbrekings. Hersov beweer internasionale fondse verhinder die land om soewereiniteit ten opsigte van energie te hê.