Elektroniese transaksies neem aansienlik toe in SA

Elektroniese transaksies het verlede maand aansienlik in die buurland toegeneem. Die BankservAfrica-ekonomiese-transaksie-aanwyser het in Desember tot 132,1-punte gestyg. Transaksies het 143 6 miljoen Suid-Afrikaanse rand bereik, wat ‘n jaar-tot-jaar toename van 11,4 persent is. Volgens woordvoerder Shergeran Naidoo was dit die eerste positiewe beweging ná ‘n agtereenvolgende daling van vyf maande in die aanwyser.