Sluipmoordaanval in Kampala

Gewapende aanvallers het vandag in Kampala op Uganda se oud-weermagbevelvoerder en huidige vervoerminister, generaal Katumba Wamala, in sy ampsvoertuig losgebrand. Sy dogter en drywer is in die sluipmoordaanval dood, berig internasionale media. Wamala is beseer.