Kilauea-vulkaan in Hawaii begin uitbars

Die Kilauea-vulkaan in Hawaii het begin uitbars, het die Amerikaanse Geologiese Diens gesê. ‘n Gloed is in die kruin opgespoor en rookmis is binne die Hawaii Vulkane Naionale Park beperk. Volgens die diens is die vulkaanwaarskuwingsvlak na ‘rooi’ verhoog ná ‘n evaluering van die uitbarsting en gepaardgaande gevare. Die diens sê die vulkaniese gas, wat uit swaeldioksied en ander gasse bestaan, kan ‘n sigbare waas van vulkaniese rookmis, bekend as ‘vog’, produseer wat wind-af van Kilauea waargeneem is.