Baba sterf by dagsorgsentrum op Swakopmund

’n Drie maande oue baba is glo deur haar ma dood in ‘n bed by ’n dagsorgsentrum op Swakopmund gevind. Erongo-streeksbevelvoerder vir gemeenskapsake, inspekteur Ileni Shapumba, sê die baba het niks makeer toe die ma haar sewe-uur Dinsdagoggend by die dagsorgsentrum afgelaai het. Gedurende die middag het die versorger haar glo gevoer totdat sy geslaap het. Sy het haar toe op die matras neergelê en met ’n kombers toegemaak. Toe die ma die baba om ses-uur die aand gaan haal, het sy besef dat die baba nie beweeg nie. Die liggaam van die baba is na die Swakopmund-staatshospitaal vervoer vir doodsertifikaat deur ‘n dokter. Die polisie-ondersoek duur voort.