NWR bied visvang-safari’s aan, maar oortree nie reëls

Namibia Wildlife Resorts ontken beskuldigings op sosiale media dat hulle ‘n hooggeplaaste onwettig op ‘n visvang-safari by Terracebaai buite die gebied by Sam se gat geneem het. Die woordvoerder van NWR, Nelson Ashipala, sê hulle bied visvang-safari’s aan en geen reëls is gebreek nie.

NWR word ook daarvan beskuldig dat die personeel wat veronderstel is om die tuine nat te maak, tot laat saans vis skoonmaak. Ashipala sê dit is ook deel van die dienste wat hulle aanbied.