SA Seereddingsinstituut moes talle mense red

Die Nasionale Seereddingsinstituut in die buurland sê hy moes die laaste paar dae talle mense te hulp snel. Hulle vrywilligers is nou besorg oor die dreigende springgety wat tot sterker sleurstrome teen die kus kan lei. Die woordvoerder van die NSRI, Craig Lambinon, sê baaiers moet slegs by strande swem waar lewensredders aan diens is. Hulle moet in die veilige gebiede bly wat lewensredders met rooi en geel vlaggies uitwys.