Dodetal in Boksburg-ontploffing styg tot 15

Die dodetal in die Boksburg-ontploffing aan die Oos-Rand in Suid-Afrika het tot 15 gestyg. Dit is deur die minister van gesondheid, Joe Phaahla, bevestig. Drie kinders tel onder die sterftes, asook drie personneellede van die Tambo-gedenkhospitaal is tydens die voorval dood. Die hospitaal is erg beskadig tydens die ontploffing, wat reg langsaan plaasgevind het. ‘n Tenkwa wat gas vervoer het, het ontplof nadat hy onder ‘n brug vasgesit het. Die bestuurder van die tenkwa het oorleef en ‘n ondersoek is van stapel gestuur om die oorsaak van die ontploffing vas te stel.