Kosmos 94.1

Kosmos 94.1 is Namibië se gunsteling Afrikaanse radiostasie.

Born In The U.S.A.
BRUCE SPRINGSTEEN
Download on the App StoreGet it on Google Play
Wakker Word
Wakker Word
Jean-Louis & Yanna Smith
Nuus, geselsies en lag… Weeksdae 06:00 tot 10:00.

Jongste Nuus

Bly op hoogte met die jongste nuus van hier, daar en oral.

Energie

Kavango-Wes 1X eksplorasieput lewer opwindende resultate

Namcor het uiters suksesvolle uitslae aangekondig na boorwerk op die Kavango-Wes 1X eksplorasieput in PEL 73 afgehandel is. ReconAfrica, die operateur van PEL 73, het booroperasies op 29 November voltooi en 'n totale diepte van 4 200 meter bereik. Aansienlike koolwaterstowwe is bevestig, en 'n produksietoets om die vloeitempo en reservoirprestasie te bepaal sal vroeg volgende jaar gedoen word. Namcor woordvoerder Paulo Coelho het meer:

Tegnologie

Telecom se dienste snags ontwrig tot 12 Desember

Telecom Namibia stel die publiek in kennis dat daar vanaf vanaand oornag instandhouding op vaste en mobiele dienste verrig sal word, wat tydelike diensagteruitgang sal veroorsaak. Die instandhouding is noodsaaklik om netwerkbetroubaarheid te verbeter. Die werk sal elke aand tot 12 Desember gedoen word tussen 11-uur en 5-uur die oggend, wanneer meeste mense slaap, om die ontwrigting te beperk. Telecom sê sommige kliënte sal verminderde diensprestasie beleef en vra om verskoning vir die ongerief.

Onderwys

Minister bekommerd oor graad-koop bewerings

Die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, het ernstige kommer uitgespreek oor bewerings van 'n sindikaat wat grade verkoop by die Vaal Universiteit vir Tegnologie waarby buitelandse burgers betrokke is. Woordvoerder Matshepo Seedat kritiseer senior bestuur omdat hulle na bewering die optrede ten opsigte van verklikkers se bewyse langer as 'n jaar vertraag het. Sy sê Manamela het teen Vrydag 'n voorlopige verslag aangevra, wat administratiewe vertragings en gevolgbestuur uiteensit. Seedat sê die departement waarsku 'n strafregtelike ondersoek kan volg:

Sport

Tugkomitee stry oor Eben se straf, vra meer tyd

Rugby: Wêreldrugby se dissiplinêre paneel kon volgens berigte nie ooreenstemming bereik oor watter straf die Springbok-slot Eben Etzebeth moet kry nie. Dit volg op sy rooikaart vir kontak met die flank Alex Mann se ooggebied in Suid-Afrika se verwoestende oorwinning van 73-0 oor Wallis in Cardiff verlede naweek. Die drie paneellede het glo bykomende tyd versoek te midde van berigte van 'n groot meningsverskil oor die erns van die straf. Etzebeth sal dalk eers Sondag weet wat sy lot is.

Ekonomie

Handelsbalans verbeter in Oktober

Namibië se handelsbalans het in Oktober 2025 'n tekort van 2,9 miljard Namibiese dollar aangeteken, volgens die jongste statistieke van die Namibiese Statistieke-agentskap. Hierdie ontwikkeling weerspieël 'n verbetering in die handelsbalans in vergelyking met 'n tekort van 3,4 miljard dollar wat in die vorige maand aangeteken is. Verdere ontleding toon dat 'n jaar-tot-jaar-tekort van 7,2 miljard dollar aangeteken is. Die agentskap se woordvoerder, Mirjam Shihepo:

Sport

Moordende Nedbank Desert Dash weer om die draai

Namibië se moeilikste enkelfase-bergfietswedren is terug. Hierdie Vrydag sal meer as 1 000 fietsryers van regoor die wêreld by Grove Mall in Windhoek aantree vir die begin van die Nedbank Desert Dash, 'n 401 kilometer lange, 24-uur lange wedren deur die Namib-woestyn. Nedbank-woordvoerder Selma Kaulinge het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Omgewing

Kinders dalk alleen gelos voor Sesriem-brand

Die ondersoek na die oorsaak van die brand by Sesriem waarin 'n kleuter dood is, is nog nie afgehandel nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met adjunk-kommisaris John Mwatongwe van die Hardap polisie, wat sê kinders is vermoedelik alleen gelos voor die verwoestende brand begin het. Mwatongwe verduidelik.

Gemeenskap

Grond-wetsontwerp is 'business as usual': Riruako

Die grond-wetsontwerp maak steeds opslae, met kritiek dat vorige grondkonferensies se voorstelle nie in die wetgewing geimplimenteer is nie. Die lede van die Nasionale Vergadering moet nog oor die wet debateer. Dr. Hoze Riruako, die opperhoof van die Herero Tradisionele Owerheid, het kommentaar gelewer tydens 'n perskonferensie.

Politiek

Venaani vra weer vir August 26 se state

PDM-leier McHenry Venaani het weereens 'n beroep gedoen dat August 26 sy finansiële verslae vrystel. August 26, 'n 100 persent staatsbeheerde maatskappy, het sedert sy ontstaan in 1998 geen geouditeerde finansiële rekords aan die Nasionale Vergadering gelewer nie. Venaani doen al sedert 2017 ‘n beroep op die vrystelling van die finansiële state. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die voortgesette gebrek aan aksie oor hierdie saak president Netumbo Nandi-Ndaitwah se standpunt teen korrupsie ondermyn.

Misdaad/Hof

Schimming-Chase eerste permanente hooggeregshof-vroueregter ooit

Die regbank het 'n geskiedkundige mylpaal bereik met die aanstelling van regter Esi Schimming-Chase as die eerste vrou ooit om as 'n permanente regter van die hooggeregshof te dien. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die besluit geformaliseer na aanleiding van 'n aanbeveling deur die Regterlike Dienskommissie. Die aanstelling is geskeduleer om op 1 Maart 2026 in werking te tree. Die kommissie het ook die aanstelling van vyf waarnemende regters aangekondig vir ’n termyn van een jaar, van 1 Januarie tot 31 Desember 2026. Die regters is Theo Frank, Dave Smuts en Rita Makarau in die Hooggeregshof, en in die hoërhof, adjunk-regterspresident Shafimana Ueitele en Hannelie Prinsloo.

Afrika

Werkgewers moet beplan vir minimim-loon verhoging in 2026

Die arbeidsministerie herinner werkgewers om hul begrotings aan te pas vir die implementering van huishoudelike, sekuriteits- en landbouwerkers se loonverhoging. Die nasionale minimumloon is vasgestel op 18 Namibiese dollar per uur, maar vir werkers in hierdie drie kategorieë is die koers vasgestel om oor drie jaar in te faseer, met die koers van 18 dollar wat eers in 2027 in werking sal tree. Woordvoerder Maria Hedimbi het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

Afrika

Mkhwanazi sê Spies het voor Madlanga-kommissie gelieg

Die geskorste adjunkhoof van Ekurhuleni se Metropolisie, Julius Mkhwanazi, het aan die Madlanga-kommissie gesê afgetrede adjunkhoof Revo Spies het tydens sy getuienis gelieg en vervalste operasionele planne voorgelê. Dit volg nadat Mkhwanazi Cat Matlala se BBP-beskermingsdienste aan die stad bekendgestel het voor die Stadsrede. Spies het voorheen beweer Mkhwanazi het dokumente verander om privaat transaksies te verbloem wat Matlala se ondernemings wetstoepassingsmagte gee. Mkhwanazi ontken die bewerings.

Programme

Ons programme bied 'n verskeidenheid inhoud, van nuus tot vermaak, wat jou die hele dag deur ingelig hou. Of jy nou op soek is na 'n oggendritueel, 'n middagete-onderbreking of 'n ontspanne aand, ons het iets vir almal. Ontdek ons programme hier.

Wakker Word
Mon–Fri 06:00–10:00

Wakker Word

Nuus, geselsies en lag… Weeksdae 06:00 tot 10:00.

Met Jean-Louis & Yanna Smith

Dagsê
Mon–Fri 10:00–14:00

Dagsê

Goeters en giertjies terwyl jy werk. 10:00 - 14:00

Met Elmero Strauss

Vasbyt
Mon–Fri 14:00–18:00

Vasbyt

Daar’s geen middag-dippie met Kosmos 94.1 nie. 14:00 - 18:00

Met JP Nel en Ruda Schoeman

Ontspan
Mon–Fri 18:00–20:00

Ontspan

Lui-lekker sonsakaande, was die dag af. 18:00 - 20:00

Met Nashawn Shigwedha

Komende Gebeure

Ontdek opwindende geleenthede en aktiwiteite wat binnekort plaasvind. Moenie die aksie misloop nie!

Come meet the founders
Business

Come meet the founders

In every era, a few people step forward to build what the rest of us will one day take for granted. On 04 December , you’ll meet them. These are the founders who refuse to accept that “good enough” is good enough. The ones modernizing the systems that quietly run our country: Accounting that thinks for you. Fintech that moves with the speed of ambition. Property management without the paperwork purgatory. Recruitment technology that finds talent without the guesswork. Railway management built for a nation that deserves efficiency. They are not theorizing. They are shipping. Improving. Solving. And for one afternoon, they will open their products and their minds to you. If you believe Namibia’s future belongs to those building it, this is where you belong. 📅 04 Dec 2025 ⏰ 2 PM 📍 Hans-Dietrich Genscher 106, Windhoek – @The Document Warehouse Come meet the people shaping the systems that shape everything else.

Hosted by Techhub

The Document Warehouse

Hans-Dietrich Genscher 106, Windhoek

Couples Date Night : Love & Allure
Food

Couples Date Night : Love & Allure

This date night is going to be a real treat! With welcoming drinks on arrival, you and yours will indulge in TWO delicious Mediterranean two-course meals in a thrilling blind food tasting experience. Yes, blind folded 😊. Orlale studio will be snapping pics as you arrive, so dress to impress in your finest Black Tie attire. For this grand finale, get ready to make some new friends as we gather around the long tables, Mediterranean-style, for an unforgettable night of food, wine, live music and love!

Hosted by Pulse Events & Consultancy

Zest Mediterranean Restaurant

18 Liliencron Street, Eros, Windhoek

Style Sanctuary
Lifestyle

Style Sanctuary

It gives us great pleasure to invite you to join us as we celebrate the official soft launch for Style Sanctuary Namibia an image consulting and wardrobe curator service. A milestone made possible by Spier 1692 and continued support of our valued patrons and partners. The afternoon will feature live entertainment, shopping experience of Namibian local products, great music, and an atmosphere of appreciation as we commemorate an incredible growth in launching Style Sanctuary Namibia. We would be honoured by your presence as we celebrate this milestone!

Hosted by Allan HS Investments

Berrylicious (Located at Freedom Plaza)

Rev Michael Scott St., Windhoek

Kontak Ons

Het jy vrae of wil jy meer weet oor ‘n dit of ‘n dat? Ons is hierom te help! Kontak ons gerus via die onderstaande besonderhede of stuur 'n boodskap deur die kontakvorm.

Address
Moth Centre
6 Peter Muller St
Windhoek, Namibia